| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Hoofstuk 5 JOS 5:1 : EN toe al die konings van die Amoriete wat anderkant die Jordaan na die weste was, en al die konings van die Kanaäniete wat by die see woon, hoor dat JaHWeH die water van die Jordaan voor die kinders van JisraEl uit laat opdroog het, totdat hulle deurgetrek het, het hulle hart versmelt en was daar in hulle geen moed meer vanweë die kinders van JisraEl nie. JOS 5:2 : In dié tyd het JaHWeH vir JeHôWshua gesê: Maak vir jou klipmesse en besny weer die kinders van JisraEl vir die tweede keer. JOS 5:3 : Toe het JeHôWshua vir hom klipmesse gemaak en die kinders van JisraEl besny by die Heuwel van die Voorhuide. JOS 5:4 : En dit is die rede dat JeHôWshua [hulle] besny het: Die hele volk wat uit Egipte uitgetrek het, die manspersone, al die krygsmanne, het op pad in die wildernis gesterwe, op hulle trek uit Egipte. JOS 5:5 : Want die hele volk wat uitgetrek het, was besnede; maar al die manne wat op pad in die wildernis gebore is, op hulle trek uit Egipte, het hulle nie besny nie. JOS 5:6 : Want veertig jaar lank het die kinders van JisraEl in die wildernis getrek, totdat die hele nasie omgekom het, die krygsmanne wat uit Egipte weggetrek het, wat nie aan die Stem van JaHWeH gehoorsaam was nie; vir wie JaHWeH gesweer het dat Hy hulle die Aarde nie sou laat sien wat JaHWeH hulle vaders met 'n eed beloof het om aan ons te gee nie - 'n Aarde wat oorloop van melk en heuning. JOS 5:7 : Maar in hulle plek het Hy hul seuns gestel; dié het JeHôWshua besny; want hulle was onbesnede, omdat hulle op pad nie besny is nie. JOS 5:8 : En toe die hele nasie klaar besny is, het hulle op hul plek in die laer gebly totdat hulle gesond was. JOS 5:9 : Toe het JaHWeH vir JeHôWshua gesê: Vandag het Ek die skande van Egipte volledig van julle weggeneem. Daarom het hulle dié plek Gilgal genoem tot vandag toe. JOS 5:10 : Terwyl die kinders van JisraEl by Gilgal gelaer was, het hulle die Pasga gehou op die veertiende dag van die maand net na sononder, in die vlaktes van Jérigo. JOS 5:11 : En hulle het die dag ná die Pasga van die gestoorde graan van die Aarde geëet: ongesuurde brode en droog gebraaide koring, daardie selfde dag. JOS 5:12 : En die dag nadat hulle van die gestoorde graan van die Aarde geëet het, het die manna opgehou, sodat die kinders van JisraEl verder geen manna gehad het nie; maar hulle het geëet van die produkte van die Aarde van Kanaän in daardie jaar. JOS 5:13 : En terwyl JeHôWshua by Jérigo was, slaan hy sy oë op en kyk, en daar staan 'n Man teenoor hom met 'n ontblote swaard in Sy Hand; en JeHôWshua het na Hom gegaan en Hom gevra: Behoort U by ons of by ons vyande? [DaniEl 10:5] JOS 5:14 : En Hy sê: Nee, maar Ek is die Leërowerste van JaHWeH; Ek het nou gekom. Toe val JeHôWshua met sy aangesig op die Aarde en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Meester aan Sy dienskneg sê? JOS 5:15 : Toe sê die Leërowerste van JaHWeH vir JeHôWshua: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, Apartheid is dit. En JeHôWshua het so gedoen. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |