| 1 2 3 4 5 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Beheersing van die tong. [Spreuke 18:21] JAK 3:1 : MOENIE baie leermeesters wees nie, my broers, omdat julle weet dat ons 'n groter oordeel sal ondergaan. JAK 3:2 : Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou. JAK 3:3 : Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee. JAK 3:4 : Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur 'n baie klein roer net waarheen die stuurman wil. JAK 3:5 : Net so is die tong ook 'n klein lid en beroem hom op groot dinge - kyk hoe 'n groot hoop hout steek 'n klein vuurtjie aan die brand. JAK 3:6 : Die tong is ook 'n vuur, die wêreld van Ongeregtigheid. Net so 'n plek neem die tong onder ons lede in; sy besmet die hele liggaam en steek die hele oorsprong van lewe aan die brand en word uit die hel aangesteek. JAK 3:7 : Want elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur. JAK 3:8 : Maar die tong kan geen mens tem nie; sy is 'n onbedwingbare besoedeling, vol dodelike gif. JAK 3:9 : Met haar loof ons JaHWèshua en die VADER, en met haar vervloek ons die adamiete wat na die gelykenis van Elohim gemaak is. JAK 3:10 : Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broers, behoort nie so te wees nie. JAK 3:11 : 'n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie? JAK 3:12 : 'n Vyeboom, my broers, kan tog nie olywe voortbring, of 'n Wingerdstok vye nie? So kan geen Fontein brak en vars water voortbring nie. Die Waarheid en Wysheid vrugte van gehoorsaamheid aan die WET. JAK 3:13 : WIE is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy suiwere lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon. JAK 3:14 : Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die Waarheid nie. JAK 3:15 : Sy is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar sy is aards, natuurlik, satanies; JAK 3:16 : want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade. JAK 3:17 : Maar die Wysheid van Bo is ten eerste onbesoedeld, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol Barmhartigheid en suiwer vrugte, onpartydig en opreg. [Wysheid van Salomo 7:22-23] JAK 3:18 : En die vrug van die Geregtigheid word gesaai in Vrede vir die wat vrede maak. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |