| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Henog (HEN) Open-Henog (OvH) JôWEl (JOE) Jona (JON) Amos (AMO) Hoséa (HOS) Miga (MIG) JeshaJaH (JES) Nahum (NAH) Habakuk (HAB) TsefánJaH (SEF) JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Die diepe bederf van volk en priesterstand. HOS 4:1 : LUISTER na die Woord van JaHWeH o kinders van JisraEl! Want JaHWeH het 'n regsaak met die inwoners van die Aarde, omdat daar geen Waarheid en geen Medelye en geen Kennis van Elohim in die Aarde is nie. HOS 4:2 : Hulle sweer en lieg en moor en steel en vermeng; hulle breek uit, sodat bloed aan bloed raak. HOS 4:3 : Daarom treur die Aarde, en alles wat in haar woon, kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voëls van die Hemele, ja, ook die visse van die see kom om. HOS 4:4 : Laat net niemand [met ons] twis of [ons] berispe nie! Nogtans is jou volk soos die wat met die priester twis! HOS 4:5 : Daarom sal jy struikel bedags, en ook die profeet saam met jou struikel in die nag, en Ek sal jou moeder te gronde laat gaan. HOS 4:6 : My volk gaan te gronde weens gebrek aan Kennis; omdat jy die Kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die Wet van jou Elohey vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet. HOS 4:7 : Hoe meer hulle vermenigvuldig het, des te meer het hulle teen My oortree. Ek sal hulle glansrykheid in skande verander. HOS 4:8 : Hulle verslind die oortreding van My volk, en hulle rig die skandelikheid van hulle siel op. HOS 4:9 : Daarom sal dit met die priester gaan soos met die volk - Ek sal by hom besoeking doen oor sy weë en hom vergeld na sy dade. HOS 4:10 : Dan sal hulle eet, maar nie versadig word nie; hulle sal vermeng, maar nie uitbreek in menigte nie; want hulle het nagelaat om JaHWeH te vereer. HOS 4:11 : Hoerery en wyn en vars wyn neem die hart weg. HOS 4:12 : My volk raadpleeg sy hout, en sy staf moet hom die inligting gee; want 'n gees van hoerery het [hulle] verlei, en deur hulle hoerery het hulle van hulle Elohey afvallig geword. HOS 4:13 : Hulle slag op die bergtoppe en laat rook opgaan op die heuwels, onder die eike en populiere en terpentynbome, omdat haar skaduwee goed is. Daarom pleeg julle dogters hoerery, en julle skoondogters vermeng. HOS 4:14 : Ek sal oor julle dogters geen besoeking doen omdat hulle hoereer nie, en ook nie oor julle bruide omdat hulle vermenging bedryf nie; want hulle deel hulself met die hoer en slag saam met die tempelhoere. So kom dan die volk wat geen Verstand het nie, tot 'n val. HOS 4:15 : As jy hoereer, o JisraEl, laat JeHûWdah hom tog nie skuldig maak nie! Kom dan nie na Gilgal nie, en gaan nie op na Bet-Awen nie, en sweer nie: So waar as JaHWeH leef! HOS 4:16 : Want JisraEl is wederstrewig soos 'n wederstrewige koei; nou sal JaHWeH hulle laat wei soos 'n lam in die oop veld. HOS 4:17 : Efraim is gekoppel aan sy gode: laat hom staan! HOS 4:18 : As hulle drinkery verby is, dan hoereer hulle te meer. Hulle vorste is versot op skande. HOS 4:19 : Die [besoedelde] gees bind hulle in sy vleuels, sodat hulle oor hulle altare beskaamd sal staan. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |