| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Die evangelie in Samaria. Simon die towenaar. "Maar Saulus het die gemeente verwoes en in die huise gegaan en manne en vroue uitgesleep en in die gevangenis oorgelewer." HAN 8:1 : EN Saulus het ook sy vermoording goedgekeur. En daar het in dié tyd 'n groot vervolging teen die gemeente in Jerusalem ontstaan, en almal is verstrooi oor die streke van JeHûWdah en Samaría, behalwe die Apostels. HAN 8:2 : En toegewyde manne het Stéfanus begrawe en 'n groot rou oor hom bedrywe. HAN 8:3 : Maar Saulus het die gemeente verwoes en in die huise gegaan en manne en vroue uitgesleep en in die gevangenis oorgelewer. HAN 8:4 : En die wat verstrooi was, het die Aarde deurgegaan en die Woord van die goeie nuus verkondig. HAN 8:5 : En Filippus het afgekom in 'n stad van Samaría en die Gesalfde aan hulle verkondig. HAN 8:6 : En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen. HAN 8:7 : Want uit baie van die wat geeste van besoedeling gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met 'n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword. HAN 8:8 : En daar was groot blydskap in daardie stad. HAN 8:9 : En 'n sekere man met die naam van Simon het vantevore in die stad met towery omgegaan en die bevolking van Samaría verbyster deur te sê dat hy iets besonders was. HAN 8:10 : En almal, klein en groot, het hom aangehang en gesê: Hy is die groot Krag van Elohim. HAN 8:11 : En hulle het hom aangehang, omdat hy hulle 'n geruime tyd deur sy towerye verbyster het. HAN 8:12 : Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die goeie nuus aangaande die Koninkryk van Elohim en die Naam van JaHWèshua die Gesalfde verkondig het, is hulle gewas/gedoop, manne sowel as vroue. HAN 8:13 : En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gewas/gedoop is, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur. HAN 8:14 : En toe die Apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die Woord van die Elohim aangeneem het, het hulle Petrus en JeHôWganan na hulle gestuur. HAN 8:15 : Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Gees van die Apartheid mag ontvang, HAN 8:16 : want Sy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gewas/gedoop in die Naam van hulle Meester JaHWèshua. HAN 8:17 : Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Gees van die Apartheid ontvang. HAN 8:18 : En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die Apostels die Gees van die Apartheid gegee word, het hy hulle geld aangebied HAN 8:19 : en gesê: Gee aan my ook hierdie Mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Gees van die Apartheid kan ontvang. HAN 8:20 : Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die Gawe van Elohim deur geld te verkry. [Spreuke 17:16] HAN 8:21 : Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor Elohim nie. HAN 8:22 : Bekeer jou dan van hierdie besoedeling van jou, en bid Elohim of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word. HAN 8:23 : Want ek sien dat jy in 'n gal van bitterheid en bande van Ongeregtigheid is. HAN 8:24 : Maar Simon het geantwoord en gesê: Bid julle tot die Meester vir my, sodat niks van wat julle gesê het, oor my mag kom nie. HAN 8:25 : Nadat hulle dan kragtig getuig en die Woord van JaHWeH gespreek het, het hulle na Jerusalem teruggegaan en die goeie nuus aan baie dorpe van die Samaritane verkondig. Filippus en die hofdienaar van Ethiopië. HAN 8:26 : EN 'n Boodskapper van JaHWeH het met Filippus gespreek en gesê: Staan op en gaan na die suide op die pad wat afloop van Jerusalem na Gasa. Dit is 'n eensame pad. HAN 8:27 : Toe het hy opgestaan en gegaan. En daar was 'n man van Ethiópië, 'n hofdienaar, 'n hoë amptenaar onder Kandacé, die koningin van die Ethiópiërs, wat oor al haar skatte was en na Jerusalem gekom het om te aanbid. HAN 8:28 : En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die Profeet JeshaJaHûW gelees. HAN 8:29 : Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa. HAN 8:30 : En Filippus het daarheen gehardloop en hom die Profeet JeshaJaHûW hoor lees; en hy sê: Verstaan u wel wat u lees? HAN 8:31 : En hy antwoord: Hoe kan ek tog as niemand my die Weg wys nie? Toe vra hy Filippus om op te klim en by hom te kom sit. HAN 8:32 : En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dit: Soos 'n lam wat na die slagplek gelei word en soos 'n ooi wat stom is voor haar skeerders - ja, Hy het Sy Mond nie oopgemaak nie. [JeshaJaH 53:7] HAN 8:33 : In Sy vernedering is Sy oordeel weggeneem, en wie sal Sy geslag beskrywe? Want Sy lewe word van die Aarde weggeneem. HAN 8:34 : En die hofdienaar antwoord en sê vir Filippus: Ek bid u, van wie sê die Profeet dit, van homself of van iemand anders? HAN 8:35 : En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die goeie nuus van JaHWèshua aan hom verkondig. HAN 8:36 : En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gewas/gedoop te word? HAN 8:37 : Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat JaHWèshua die Gesalfde, die Seun van JaHWeH is. {Nota: hierdie vers is uit die Afrikaanse 1983-Vertaling verwyder.} HAN 8:38 : En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gewas/gedoop. HAN 8:39 : En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van JaHWeH Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis. HAN 8:40 : Maar Filippus is in Asdod gevind. En hy het die Aarde deurgegaan en die goeie nuus verkondig in al die stede, totdat hy in Cesaréa gekom het. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |