| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
DEUT 2:1 : DAARNA het ons gedraai en weggetrek na die wildernis, op pad na die Skelfsee, volgens die Woord van JaHWeH aan my, en ons het om die gebergte Seïr getrek, baie dae lank. DEUT 2:2 : Toe het JaHWeH met my gespreek en gesê: DEUT 2:3 : Julle het lank genoeg om hierdie gebergte getrek. Draai noordwaarts weg DEUT 2:4 : en gee aan die volk bevel en sê: Julle gaan trek deur die grondgebied van julle broers die kinders van Esau wat in Seïr woon, en hulle sal vir julle vrees; pas dan goed op; DEUT 2:5 : begeef julle nie in die oorlog teen hulle nie, want Ek sal julle van hulle Aarde selfs nie 'n tree van 'n voetsool gee nie; want Ek het aan Esau die gebergte Seïr as 'n besitting gegee. DEUT 2:6 : Voedsel moet julle van hulle met silwer koop, dat julle kan eet; en julle moet ook water van hulle met silwer koop, dat julle kan drink. DEUT 2:7 : Want JaHWeH jou Elohey het jou geseën in al die werk van jou hand; Hy ken jou trek deur hierdie groot wildernis; nou veertig jaar lank was JaHWeH jou Elohey met jou; geen ding het jou ontbreek nie. DEUT 2:8 : Daarop het ons verder getrek, weg van ons broers, die kinders van Esau wat in Seïr woon, weg van die pad deur die Vlakte, weg van Elat en Éseon-Geber; ons het toe weggedraai en verder getrek op pad na die wildernis van Moab. DEUT 2:9 : Toe het JaHWeH vir my gesê: Behandel Moab nie as vyand en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van sy Aarde as besitting gee nie, omdat Ek Ar aan die kinders van Lot as 'n besitting gegee het. [Exodus 23:31; Spreuke 31:16] DEUT 2:10 : Die Emiete het tevore in haar gewoon, 'n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete. DEUT 2:11 : Hulle word ook vir Refaïete gehou, soos die Enakiete; maar die Moabiete het hulle Emiete genoem. DEUT 2:12 : Ook het die Horiete tevore in Seïr gewoon; maar die kinders van Esau het hulle uit hul besitting verdrywe en voor hulle uit verdelg en in hulle plek gaan woon, net soos JisraEl gedoen het met die Aarde van sy besitting wat JaHWeH aan hulle gegee het. DEUT 2:13 : Maak nou klaar en trek oor die spruit Sered. Toe het ons oor die spruit Sered getrek. DEUT 2:14 : En die dae van ons trek van Kadesh-Barnéa af totdat ons oor die spruit Sered gegaan het, was agt-en-dertig jaar totdat die hele geslag, die krygsmanne, uit die laer omgekom het soos JaHWeH aan hulle dit gesweer het. DEUT 2:15 : So was die Hand van JaHWeH dan ook teen hulle om hulle uit die laer te vernietig totdat hulle omgekom het. DEUT 2:16 : En toe al die krygsmanne heeltemal onder die volk uit weggesterf het, DEUT 2:17 : het JaHWeH met my gespreek en gesê: DEUT 2:18 : Jy trek vandag die grens van Moab by Ar oor, DEUT 2:19 : en jy sal kom in die nabyheid van die kinders van Ammon; behandel hulle nie as vyande en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van die kinders van Ammon se Aarde as besitting gee nie, omdat Ek haar aan die kinders van Lot as besitting gegee het. DEUT 2:20 : Sy word ook as 'n deel van die Aarde van Refaïete beskou; Refaïete het tevore in haar gewoon, en die Ammoniete het hulle Samsummiete genoem - DEUT 2:21 : 'n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete - maar JaHWeH het dié voor hulle uit verdelg, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het; DEUT 2:22 : soos Hy in die geval van die kinders van Esau gedoen het wat in Seïr woon, voor wie Hy die Horiete verdelg het, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het tot vandag toe. DEUT 2:23 : Ook het die Kaftoriete wat uit Kaftor afkomstig was, die Awiete wat in dorpe tot by Gasa gewoon het, verdelg en in hulle plek gaan woon. DEUT 2:24 : Maak julle klaar, breek op en trek deur die Arnonrivier. Kyk, Ek gee Sihon, die koning van Hesbon, die Amoriet, en sy Aarde in jou hand; begin om haar in besit te neem, en begeef jou in die oorlog teen hom. DEUT 2:25 : Vandag sal Ek begin om die skrik en die vrees vir jou op die volke onder die hele Hemele te lê, sodat hulle, as hulle die tyding aangaande jou hoor, voor jou sal sidder en bewe van angs. DEUT 2:26 : Toe het ek boodskappers gestuur uit die wildernis Kedémot na Sihon, die koning van Hesbon, met woorde van vrede om te sê: DEUT 2:27 : Laat my deur jou Aarde gaan; ek sal net padlangs trek; ek sal nie regs of links uitdraai nie. DEUT 2:28 : Voedsel moet jy my verkoop vir silwer, dat ek kan eet; en water moet jy my gee vir silwer, dat ek kan drink; laat my net te voet deurtrek - DEUT 2:29 : soos die kinders van Esau wat in Seïr woon, en die Moabiete wat in Ar woon, met my gedoen het - totdat ek deur die Jordaan trek in die Aarde wat JaHWeH onse Elohey aan ons sal gee. DEUT 2:30 : Maar Sihon, die koning van Hesbon, wou ons nie by hom laat deurtrek nie; want JaHWeH jou Elohey het sy gees verhard en sy hart verstok, dat Hy hom in jou hand kon gee soos dit vandag is. DEUT 2:31 : En JaHWeH het vir my gesê: Kyk, Ek begin om Sihon en sy Aarde aan jou oor te gee; begin om haar in besit te neem, om sy Aarde in besit te neem. DEUT 2:32 : Toe het Sihon uitgetrek ons tegemoet, hy en sy hele volk, om te veg by Jahas. DEUT 2:33 : En JaHWeH onse Elohey het hom aan ons oorgegee, sodat ons hom en sy seuns en sy hele volk verslaan het. DEUT 2:34 : En ons het in dié tyd al sy stede ingeneem en elke stad met die banvloek getref, manne en vroue en kinders; ons het niemand laat oorbly nie. DEUT 2:35 : Net die vee het ons vir ons gebuit en die buit van die stede wat ons ingeneem het. DEUT 2:36 : Van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, en die stad in die dal, tot by Gílead was daar vir ons geen vesting onneembaar nie - JaHWeH onse Elohey het alles aan ons oorgegee. DEUT 2:37 : Net naby die Aarde van die kinders van Ammon het jy nie gekom nie: die hele kant van die Jabbokrivier en die stede van die gebergte en alles wat JaHWeH onse Elohey verbied het. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |