1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Dood van ShemuEl. Dawid se handelwyse teenoor Nabal en Abígail.

1 SAM 25:1 : EN ShemuEl het gesterwe, en die hele JisraEl het saamgekom en oor hom gerouklaag en hom begrawe in sy huis in Rama. En Dawid het hom klaargemaak en afgetrek na die wildernis Paran.

1 SAM 25:2 : En daar was 'n man in Maon wat sy boerdery in Karmel gehad het, en die man was baie vermoënd: hy het drieduisend skape en duisend bokke gehad, en hy was besig om sy skape te skeer in Karmel.

1 SAM 25:3 : En die naam van die man was Nabal, en die naam van sy vrou Abígail; en die vrou het suiwer insig gehad en was lig van gestalte; maar die man was grof en boosaardig, en hy was 'n Kalebiet.

1 SAM 25:4 : Toe Dawid in die wildernis hoor dat Nabal sy skape skeer,

1 SAM 25:5 : stuur Dawid tien jongmanne, en Dawid sê aan die jongmanne: Trek op na Karmel en gaan by Nabal in en vra hom in my naam na die welstand;

1 SAM 25:6 : en so moet julle aan die welvarende sê: Mag dit goed gaan met u sowel as met u huis, en goed gaan met alles wat u besit.

1 SAM 25:7 : En nou, ek het gehoor dat u skeerders het; nou ja, u wagters was met ons saam; ons het hulle nie beledig nie, en hulle het ook niks vermis al die dae wat hulle in Karmel was nie.

1 SAM 25:8 : Vra u dienaars, en hulle sal u dit te kenne gee; laat dus die jongmanne guns vind in u oë, want ons het op 'n vrolike dag gekom; gee tog wat u byderhand het aan u dienaars en aan u seun Dawid.

1 SAM 25:9 : Toe het die jongmanne van Dawid gekom en met Nabal in naam van Dawid volgens al hierdie woorde gespreek en verder afgewag.

1 SAM 25:10 : Maar Nabal het die dienaars van Dawid geantwoord en gesê: Wie is Dawid? En wie is die seun van Isai? Daar is vandag baie dienaars wat hulle losskeur, elkeen van sy meester af.

1 SAM 25:11 : Sou ek dan my brood en my water en my slagdiere wat ek vir my skeerders geslag het, neem en aan manne gee van wie ek nie weet waar hulle vandaan kom nie?

1 SAM 25:12 : Daarop het die jongmanne van Dawid omgedraai op hulle pad, hulle het teruggekeer en aangekom en hom berig gebring volgens al hierdie woorde.

1 SAM 25:13 : Toe sê Dawid aan sy manne: Gord julle elkeen sy swaard aan! Hulle gord toe elkeen sy swaard aan - Dawid het ook sy swaard aangegord - en hulle trek agter Dawid op, omtrent vierhonderd man, terwyl tweehonderd by die pakgoed bly.

1 SAM 25:14 : Maar aan Abígail, die vrou van Nabal, het een van die jongmanne berig gebring en gesê: Kyk, Dawid het boodskappers uit die wildernis gestuur om ons meester te begroet, maar hy het teen hulle uitgevaar.

1 SAM 25:15 : Tog was die manne vir ons baie goed; ook is ons nie beledig nie, en ons het niks vermis al die dae wat ons saam met hulle rondgetrek het toe ons in die veld was nie.

1 SAM 25:16 : Hulle was 'n muur om ons, snags sowel as bedags, al die dae wat ons die skape by hulle opgepas het.

1 SAM 25:17 : En nou moet u self ondersoek en kyk wat u moet doen; want die teëspoed is vas besluit oor ons meester en oor sy hele huis; maar hy self is so 'n seun van Belijaal dat jy nie met hom kan praat nie.

1 SAM 25:18 : Toe het Abígail gou tweehonderd brode geneem en twee sakke wyn en vyf toebereide skape en vyf mate gebraaide koring en honderd rosynekoeke en tweehonderd vyekoeke en dit op esels gesit.

1 SAM 25:19 : En sy het aan haar jongmanne gesê: Trek voor my aangesig uit; kyk, ek kom dadelik agter julle aan. Maar aan haar man Nabal het sy niks te kenne gegee nie.

1 SAM 25:20 : En terwyl sy op die esel ry en in 'n kloof van die berg afdaal, kom Dawid en sy manne meteens af haar tegemoet, sodat sy hulle teëgekom het.

1 SAM 25:21 : Dawid het al gedink: Net verniet het ek alles wat aan hierdie man behoort, in die wildernis beskerm, sodat daar nooit iets van sy goed vermis is nie; en hy vergeld my boos vir goed.

1 SAM 25:22 : Mag Elohim so aan die vyande van Dawid doen en so daaraan toedoen, as ek van almal wat aan hom behoort, tot die môre nie een laat oorbly wat urineer teen die muur nie.

1 SAM 25:23 : Toe Abígail Dawid sien, het sy gou van die esel afgeklim en voor Dawid op haar aangesig neergeval en na die Aarde toe gebuig.

1 SAM 25:24 : En sy het voor sy voete neergeval en gesê: Op my, my meester, rus die skuld, maar laat u dienares tog voor u ore mag spreek, en luister na die woorde van u dienares.

1 SAM 25:25 : My meester moet hom tog nie steur aan daardie man van Belijaal, aan Nabal nie; want soos sy naam is, so is hy; sy naam beteken dwaas, en dwaasheid is by hom. Maar wat my betref, u dienares het my meester se jongmanne wat u gestuur het, nie gesien nie.

1 SAM 25:26 : En nou, my meester, so waar as JaHWeH leef en u siel leef, dit is JaHWeH wat u teruggehou het om in bloedskuld te raak en u met eie hand te help; mag dan nou u vyande en die wat boosheid soek teen my meester, soos Nabal word.

1 SAM 25:27 : En laat nou hierdie geskenk wat u dienares vir my meester gebring het, aan die jongmanne gegee word wat op my meester se voetspore rondtrek.

1 SAM 25:28 : Vergeef tog die oortreding van u dienares, want JaHWeH sal sekerlik vir my meester 'n bestendige huis stig, omdat my meester die oorloë van JaHWeH voer en in u dae in u geen besoedeling gevind is nie.

1 SAM 25:29 : As 'n adamiet opstaan om u te agtervolg en u siel te soek, mag die siel van my meester dan saamgebind wees in die bondeltjie van die lewendes by JaHWeH jou Elohey; maar mag Hy die siel van u vyande uit die holte van die slinger wegslinger.

1 SAM 25:30 : En as JaHWeH aan my meester sal doen volgens al die goeie wat Hy aan u beloof het, en u aanstel as vors oor JisraEl,

1 SAM 25:31 : dan sal daar vir u geen struikelblok en vir my meester geen gewetenswroeging wees dat u sonder oorsaak bloed vergiet het en my meester homself hulp verskaf het nie; en as JaHWeH goed sal doen aan my meester, moet u aan u dienares dink.

1 SAM 25:32 : Toe sê Dawid vir Abígail: Geseënd is JaHWeH, die Elohey van JisraEl, wat jou vandag my tegemoet gestuur het!

1 SAM 25:33 : En geseënd jou verstandigheid en geseënd jy self wat my vandag teëgehou het om in bloedskuld te raak en my met eie hand te help.

1 SAM 25:34 : Maar so waar as JaHWeH, die Elohey van JisraEl, leef wat my verhinder het om aan jou kwaad te doen - as jy my nie gou tegemoetgekom het nie, voorwaar, daar sou van Nabal niemand wat urineer teen die muur, tot die môrelig oorgebly het nie!

1 SAM 25:35 : En Dawid het uit haar hand aangeneem wat sy vir hom gebring het, en vir haar gesê: Gaan op in vrede na jou huis! Kyk, ek het na jou geluister en jou in guns aangeneem.

1 SAM 25:36 : Toe Abígail by Nabal kom, het hy juis 'n maaltyd in sy huis aangerig soos die maaltyd van 'n koning; en Nabal se hart was vrolik in hom, en hy was baie dronk; daarom het sy hom niks, klein of groot, meegedeel totdat dit die môre lig word nie.

1 SAM 25:37 : Maar die môre vroeg toe die wyn Nabal verlaat het, deel sy vrou hom dié dinge mee. Daarop het sy hart in sy binneste gesterwe en was hy soos 'n klip.

1 SAM 25:38 : En ná omtrent tien dae het JaHWeH Nabal getref, sodat hy gesterf het.

1 SAM 25:39 : Toe Dawid hoor dat Nabal dood was, sê hy: Geseënd is JaHWeH wat die Regsaak in die smaad my aangedoen, teen Nabal verdedig het en Sy kneg teruggehou het van die kwaad, terwyl JaHWeH die kwaad van Nabal op sy eie hoof laat neerkom het. En Dawid het by Abígail aansoek laat doen om haar vir hom as vrou te neem.

1 SAM 25:40 : Toe het die dienaars van Dawid by Abígail gekom in Karmel en met haar gespreek en gesê: Dawid stuur ons na u om u vir hom as vrou te neem.

1 SAM 25:41 : En sy het opgestaan en met haar aangesig na die Aarde gebuig en gesê: Hier is u dienares as slavin om die voete van my meester se dienaars te was.

1 SAM 25:42 : Abígail maak toe gou klaar, en sy het op die esel gery met haar vyf diensmeisies wat op haar voetspoor volg, en agter die boodskappers van Dawid aangegaan. En sy het sy vrou geword.

1 SAM 25:43 : Dawid het ook Ahínoam uit JizreEl geneem, sodat hulle altwee sy vroue geword het.

1 SAM 25:44 : Maar Saul het sy dogter Migal, die vrou van Dawid, gegee aan Palti, die seun van Lais, wat uit Gallim was.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
25
Pablo Software Solutions Datum
OT