1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Dapperes van Dawid wat na hom gekom het toe hy deur Saul vervolg is.

1 KRO 12:1 : EN dit is hulle wat na Dawid na Siklag gekom het toe hy nog voor die aangesig van Saul, die seun van Kis, verban was; hulle was ook onder die dapperes wat gehelp het in die oorlog,

1 KRO 12:2 : gewapend met die boog, wat regter- en linkerhand kon gebruik met slingerstene en met pyl en boog; hulle was uit die broers van Saul uit Benjamin:

1 KRO 12:3 : Ahiëser, die hoof, en JôWash, seuns van Semáä, die Gibeatiet; en JezawEl en Pelet, seuns van Asmáwet; en Béraga en JyHûW, uit Anatot;

1 KRO 12:4 : en JismaJaH, die Gibeoniet, 'n dappere onder die dertig en [hoof] oor die dertig; en JirmeJaH en JahaziEl en JôWganan en JôWzabad, uit Gedéra;

1 KRO 12:5 : El-Uzay en Jerímot en BaalJaH en ShemarJaHûW en ShafátJaHûW, uit Harif;

1 KRO 12:6 : El-Kanah en JishshiJaHûW en AzarEl en JôWezer en Jasóbeam, die Koragiete;

1 KRO 12:7 : en Joëla en ZebádJaH, die seuns van Jeróham, uit Gedor.

1 KRO 12:8 : Ook van die Gadiete het hulle afgeskei na Dawid, na die bergvesting in die wildernis, dapper manne, krygsmanne in die oorlog, toegerus met skild en spies, en hulle gesigte was leeugesigte en hulle was vinnig soos gemsbokke op die berge:

1 KRO 12:9 : Eser, die hoof, ObadJaH, die tweede, EliAb, die derde;

1 KRO 12:10 : Masmánna, die vierde, JirmeJaH, die vyfde;

1 KRO 12:11 : Attai, die sesde, EliEl, die sewende;

1 KRO 12:12 : JôWganan, die agtste, El-Zabad, die negende;

1 KRO 12:13 : JirmeJaHûW, die tiende, Magbánnai, die elfde.

1 KRO 12:14 : Hulle was uit die seuns van Gad, hoofde oor die leër; een teen honderd, die kleinste; en die grootste, [een] teen duisend.

1 KRO 12:15 : Dit is hulle wat deur die Jordaan gegaan het in die eerste maand terwyl hy vol was oor al sy walle; en hulle het al die bewoners van die laagtes verjaag teen die ooste en teen die weste.

1 KRO 12:16 : En toe daar uit die seuns van Benjamin en JeHûWdah na die bergvesting na Dawid kom,

1 KRO 12:17 : het Dawid uitgegaan, hulle tegemoet en gespreek en vir hulle gesê: As julle met vrede na my kom om my te help, sal ek my van harte met julle verenig; maar as dit is om my aan my teëstanders te verraai, ofskoon daar geen onreg in my handpalms is nie - mag die Elohey van ons vaders dit dan sien en straf!

1 KRO 12:18 : Toe het die Gees vir Amásai, die hoof van die dertig, vervul, [en hy het gesê]: Vír u, Dawid, en mét u, seun van Isai, [is ons]. Vrede, vrede vir u, en vrede vir die wat u help, want u Elohey help u! Daarop het Dawid hulle opgeneem en hulle aangestel as hoofde van die bende.

1 KRO 12:19 : Ook uit Manasse het sommige oorgeloop na Dawid toe hy saam met die Filistyne gekom het om teen Saul te veg, maar sonder om hulle te help; want met oorleg het die vorste van die Filistyne hom weggestuur en gesê: Ten koste van ons hoofde sal hy na sy meester Saul toe oorloop.

1 KRO 12:20 : Terwyl hy na Siklag trek, het daar uit Manasse na hom oorgeloop: Adnag en JôWzabad en JediaEl en MikaEl en EliHûw en Sílletai, hoofde uit die duisende van Manasse.

1 KRO 12:21 : En hulle het Dawid gehelp teen die bende, want hulle was almal dapper dapperes en owerstes in die leer.

1 KRO 12:22 : Want dag vir dag het hulle na Dawid gekom om hom te help, totdat dit 'n groot leër was soos 'n leër van Elohim.

Krygsowerstes uit die twaalf stamme wat na Hebron gekom het om Dawid koning te maak.

1 KRO 12:23 : EN dit is die getalle van die leërafdelings van die wat vir oorlog gewapen was, wat na Dawid in Hebron gekom het om die koningskap van Saul op hom oor te bring volgens die bevel van JaHWeH.

1 KRO 12:24 : Die seuns van JeHûWdah wat skild en spies gedra het, was sesduisend-agthonderd, gewapend vir oorlog;

1 KRO 12:25 : van die seuns van Símeon, dapper dapperes vir krygsdiens, sewe-duisend-eenhonderd;

1 KRO 12:26 : van die seuns van Levi, vierduisend-seshonderd;

1 KRO 12:27 : en JeHôWjada, die bevelhebber van die Aäroniete, en saam met hom drie-duisend-sewehonderd;

1 KRO 12:28 : en Sadok, 'n jongman, 'n dappere, met sy familie: twee-en-twintig owerstes;

1 KRO 12:29 : en van die seuns van Benjamin, die broers van Saul, drieduisend: want die meeste van hulle het tot nog toe aan die huis van Saul getrou gebly;

1 KRO 12:30 : en van die seuns van Efraim, twintigduisend-agthonderd, dapper dapperes, manne van naam in hulle families;

1 KRO 12:31 : en van die halwe stam van Manasse agttienduisend wat met hulle naam aangewys was om Dawid koning te gaan maak;

1 KRO 12:32 : en van die seuns van Issaskar, met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat JisraEl moes doen; hulle hoofde was tweehonderd, en al hulle broers onder hulle bevel;

1 KRO 12:33 : van Sébulon wat op kommando moet uittrek, toegerus vir oorlog met allerhande krygswapens, vyftigduisend aaneengesluit, en nie met 'n dubbele hart nie;

1 KRO 12:34 : en van Náftali duisend owerstes, en saam met hulle sewe-en-dertigduisend met skild en spies;

1 KRO 12:35 : en van die Daniete, toegerus vir oorlog, agt-en-twintigduisend seshonderd;

1 KRO 12:36 : en van Aser wat op kommando moet uittrek om hulle in slagorde op te stel, veertigduisend;

1 KRO 12:37 : en van oorkant die Jordaan af, van die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, honderd-en-twintigduisend met allerhande wapens vir krygsdiens.

1 KRO 12:38 : Al hierdie krygsmanne het, in slagorde aaneengesluit, met 'n onverdeelde hart na Hebron gekom om Dawid koning te maak oor die hele JisraEl; en ook al die orige JisraEliete was een van hart om Dawid koning te maak.

1 KRO 12:39 : En hulle het daar saam met Dawid drie dae lank geëet en gedrink, want hulle broers het dit vir hulle berei.

1 KRO 12:40 : En selfs hulle nabestaandes tot by Issaskar en Sébulon en Náftali het brood gebring op esels en op kamele en op muile en op beeste, meelkos, vyekoeke en rosynekoeke en wyn en olie en beeste en kleinvee in menigte, want daar was blydskap in JisraEl.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
12
Pablo Software Solutions Datum
OT