| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Vernaamste amptenare van Salomo. Salomo.se weelde, mag en rykdom.1 KON 4:1 : SO was koning Salomo dan koning oor die hele JisraEl. 1 KON 4:2 : En dit was sy hoofamptenare: AzárJaHûW, die seun van Sadok, was die priester; 1 KON 4:3 : Elijgorêf en AgiJaH, die seuns van Sisa, was skrywers; JeHôWshafat, die seun van Ahilud, was kanselier. 1 KON 4:4 : En BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, was oor die leër, en Sadok en Abjatar was priesters. 1 KON 4:5 : En AzárJaHûW, die seun van Natan, was oor die bestuurders; en Sabud, die seun van Natan, 'n priester, was die vriend van die koning. 1 KON 4:6 : En Ahísar was oor die paleis; en Adoníram, die seun van Abda, was oor die dwangarbeid. 1 KON 4:7 : Verder het Salomo oor die hele JisraEl twaalf bestuurders gehad wat die koning en sy paleis onderhou het; elkeen het 'n maand in die jaar die onderhoud op hom gehad. 1 KON 4:8 : En dit is hulle name: Ben-Hur op die gebergte van Efraim; 1 KON 4:9 : Ben-Deker in Makas en in Saälbim en Bet-Semes en Elon-Bet-Hanan; 1 KON 4:10 : Ben-Hesed in Arúbbot; hy het Sogo en die hele Aarde van Hefer gehad; 1 KON 4:11 : Ben-Abinádab, die hele hoëveld van Dor; hy het Tafat, die dogter van Salomo, as vrou gehad. 1 KON 4:12 : Báäna, die seun van Ahílud, [het gehad]: Táänag en Megíddo en die hele Bet-Sean wat langs Sartan onderkant JizreEl lê, van Bet-Sean af tot by Abel-Mehóla, tot verby Jókmeam. 1 KON 4:13 : Ben-Geber was in Ramot in Gílead; hy het die dorpe van Jaïr, die seun van Manasse, gehad wat in Gílead lê; hy het die landstreek Argob gehad wat in Basan lê: sestig groot stede met mure en kopergrendels. 1 KON 4:14 : Ahínadab, die seun van Iddo, was in Mahanáim. 1 KON 4:15 : Ahímaäs in Náftali; hy het ook 'n dogter van Salomo, Basmat, as vrou geneem. 1 KON 4:16 : Báäna, die seun van Húsai, was in Aser en in Alot; 1 KON 4:17 : JeHôWshafat, die seun van Parúag, in Issaskar; 1 KON 4:18 : Símeï, die seun van Ela, in Benjamin; 1 KON 4:19 : Geber, die seun van Uri, in die Aarde van Gílead, die Aarde van Sihon, die koning van die Amoriete, en van Og, die koning van Basan; die enigste leërowerste in die Aarde. 1 KON 4:20 : JeHûWdah en JisraEl was talryk soos die sand wat aan die see is in menigte; hulle het geëet en gedrink en was bly. 1 KON 4:21 : Verder was Salomo vors oor al die koninkryke van die Eufraat af tot by die Aarde van die Filistyne, en tot by die grens van Egipte; hulle het spysbydraes aangebring en Salomo gedien al die dae van sy lewe. 1 KON 4:22 : En Salomo se brood vir een dag was dertig kor fynmeel en sestig kor meel; 1 KON 4:23 : tien vetgemaakte beeste en twintig veldbeeste en honderd stuks kleinvee, behalwe die takbokke en gemsbokke en gestippelde takbokke en vetgemaakte ganse. 1 KON 4:24 : Want hy het geheers oor alles wes van die Eufraat, van Tifsag af tot by Gasa, oor al die konings wes van die Eufraat, en vrede gehad aan alle kante rondom; 1 KON 4:25 : sodat JeHûWdah en JisraEl veilig gewoon het, elkeen onder sy Wingerdstok en onder sy Vyeboom, van Dan tot Berséba, al die dae van Salomo. 1 KON 4:26 : Verder het Salomo veertigduisend krippe gehad vir sy trekperde, en twaalfduisend ryperde. 1 KON 4:27 : En daardie bestuurders het elkeen in sy maand koning Salomo onderhou en almal wat aan die tafel van koning Salomo kom; hulle het niks laat kortkom nie. 1 KON 4:28 : En die gars en die strooi vir die perde en die renperde het hulle gebring op die plek waar dit moes wees, elkeen volgens sy reg. Wysheid van Salomo. 1 KON 4:29 : EN Elohim het aan Salomo Wysheid gegee en 'n baie groot Verstand en 'n ruimte van Insig soos die sand wat aan die seestrand lê, 1 KON 4:30 : sodat die wysheid van Salomo groter was as die wysheid van al die kinders van die Ooste en as al die wysheid van Egipte. 1 KON 4:31 : Ja, hy was wyser as al die adamiete, as Etan, die Esrahiet, en Heman en Kalkol en Darda, die seuns van Mahol, sodat hy beroemd was onder al die nasies rondom. 1 KON 4:32 : En hy het drieduisend spreuke uitgespreek, en sy liedere was duisend-en-vyf. 1 KON 4:33 : En hy het oor die bome gespreek, van die seder op die Líbanon tot die hisop wat teen die muur uitspruit; ook het hy gespreek oor die vee en oor die voëls en oor die kruipende diere en oor die visse. 1 KON 4:34 : En van al die volke het hulle gekom om na die wysheid van Salomo te luister, van al die konings van die Aarde wat van sy wysheid gehoor het. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |