Leed van hede en verlede.
KLAAG 5:1 : DINK, JaHWeH, aan wat oor Ons gekom het, sien en aanskou Ons smaad.
KLAAG 5:2 : Ons Erfdeel het na verbasterdes oorgegaan, Ons huise na uitlanders.
KLAAG 5:3 : Ons het wese geword, sonder 'n vader, Ons moeders is soos weduwees.
KLAAG 5:4 : Ons water drink Ons vir geld, Ons hout kom teen betaling in.
KLAAG 5:5 : Ons vervolgers is op Ons nek; Ons is afgemat sonder dat daar rus aan Ons gegun word.
KLAAG 5:6 : Na Egipte het Ons die hand uitgestrek, na Assur om met brood versadig te word.
KLAAG 5:7 : Ons vaders het oortree; hulle is daar nie meer nie, en Ons dra hulle skuld vir ongeregtigheid.
KLAAG 5:8 : Knegte heers oor Ons, niemand ruk [Ons] uit hulle hand weg nie.
KLAAG 5:9 : Met Ons siele bring Ons Ons brood in vanweë die swaard van die wildernis.
KLAAG 5:10 : Ons vel was verbrand soos 'n oond, van aangesig ontroerd van honger. [Hooglied 11:5]
KLAAG 5:11 : Hulle het vroue in Sion besoedel, maagde in die stede van JeHûWdah.
KLAAG 5:12 : Vorste is deur hulle hand opgehang, die persoon van die grysaards nie geëer nie.
KLAAG 5:13 : Jongmanne dra die handmeul, en seuns struikel onder die drag hout.
KLAAG 5:14 : Die oudstes is nie meer in die Poort nie, die jongmanne sonder hulle snarespel.
KLAAG 5:15 : Die vreugde van Ons hart het opgehou, Ons koordans het in treurigheid verander.
KLAAG 5:16 : Die Kroon van Ons hoof het geval; wee Ons, dat Ons oortree het.
KLAAG 5:17 : Hierom het Ons hart krank geword, hierom is Ons oë verduister:
KLAAG 5:18 : ter wille van die Berg van Sion wat woes lê, waar die jakkalse op rondloop.
KLAAG 5:19 : U, JaHWeH, sit vir ewig, U Troon is van geslag tot geslag.
KLAAG 5:20 : Waarom sou U Ons vir altyd vergeet, Ons verlaat tot in lengte van dae?
KLAAG 5:21 : Draai Ons tot U, JaHWeH, dan sal Ons omdraai; vernuwe Ons dae soos in die voortyd.
KLAAG 5:22 : Of het U Ons heeltemal verwerp, is U Toorn teen Ons alte groot? [JeshaJaH 26]