| 1 2 3 4 5 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Aansporing tot selfvernedering en gebed. Die Kneg van JaHWeH pleit vir Sy volk. KLAAG 3:1 : [a Alef.] EK is die Magtige wat ellende gesien het deur die Septer van Sy Grimmigheid. KLAAG 3:2 : My het Hy gelei en laat wandel in Duisternis sonder Lig. KLAAG 3:3 : Ja, altyd weer draai Hy die hele dag Sy Hand teen My. KLAAG 3:4 : [Bi Bet.] Hy het My vlees en My vel laat wegteer, My gebeente verbreek. KLAAG 3:5 : Hy het My met 'n bouwerk omsingel van gif en moeite. KLAAG 3:6 : Hy het My in duister plekke laat sit soos die wat lankal dood is. KLAAG 3:7 : [G Ghimel.] Hy het My toegemuur, sodat Ek nie kan uitkom nie, My koperboeie swaar gemaak. KLAAG 3:8 : Al skreeu Ek ook en al roep Ek om hulp, Hy laat My gebed onverhoord. [Spreuke 28:9] KLAAG 3:9 : Hy het My Weë toegemuur met gekapte klip, My Paaie onbegaanbaar gemaak. KLAAG 3:10 : [Do Dalet.] Hy is 'n beer wat My voorlê, 'n leeu in skuilplekke. KLAAG 3:11 : Hy het My Weë laat wegdraai en My verskeur, My tot 'n nietigheid gemaak. KLAAG 3:12 : Hy het Sy boog gespan en My as 'n teiken vir die pyl opgestel. KLAAG 3:13 : [he Hé.] Hy het die pyle uit Sy pylkoker in My niere laat ingaan. KLAAG 3:14 : Ek het 'n belagging geword vir My hele volk, hulle spotlied die hele dag. KLAAG 3:15 : Hy het My met bitterheid versadig, My genoeg Alsem laat drink. KLAAG 3:16 : [w" Waw.] En Hy het My die tande op gruisklippertjies laat stukkend byt, My in die as neergedruk. KLAAG 3:17 : En U het My Siel van die Vrede verstoot, Ek het die suiwere vergeet. KLAAG 3:18 : Ja, Ek het gesê: My roem het vergaan en My hoop op JaHWeH. KLAAG 3:19 : [zÒ Zajin.] Dink aan My ellende en My omswerwing, aan die Alsem en die gif. KLAAG 3:20 : As My Siel terdeë daaraan dink, buig sy haar neer in My. KLAAG 3:21 : Haar sal Ek ter harte neem, daarom sal Ek hoop: KLAAG 3:22 : [j' Get.] Die Medelye van JaHWeH het verhoed dat Ons nie omgekom het nie, want Sy dade van Barmhartigheid het geen einde nie; KLAAG 3:23 : Hulle is elke môre nuut; U Getrouheid is groot. KLAAG 3:24 : JaHWeH is My deel, sê My Siel, daarom sal Ek op Hom hoop. KLAAG 3:25 : [fo Tet.] JaHWeH is Suiwerheid vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek. KLAAG 3:26 : Dit is suiwer om in stilheid te hoop op die Hulp van JaHWeH. KLAAG 3:27 : Dit is suiwer vir 'n Magtige dat Hy die juk in Sy jeug dra. KLAAG 3:28 : [yE Jod.] Laat Hom eensaam sit en swyg, as Hy haar opgelê het. KLAAG 3:29 : Laat Hy Sy mond in die stof steek - miskien is daar hoop! KLAAG 3:30 : Laat Hy die wang gee vir die wat Hom slaan, laat Hy genoeg kry van smaad. [Lukas 22:63] KLAAG 3:31 : [Ki Kaf.] Want My Meester sal nie vir ewig verstoot nie. KLAAG 3:32 : Maar as Hy bedroef het, ontferm Hy Hom na die grootheid van Sy Medelye; KLAAG 3:33 : want nie van harte verdruk of bedroef Hy die kinders van diensknegte nie. KLAAG 3:34 : [l Lamed.] Dat hulle al die gevangenes van die Aarde onder hul voete vertrap, KLAAG 3:35 : dat hulle die Reg van 'n Magtige verdraai voor die Aangesig van die Hoogste El, KLAAG 3:36 : dat hulle 'n Adamiet onregverdig behandel in Sy Regsaak - het My Meester dit nie gesien nie? KLAAG 3:37 : [mi Mem.] Wie spreek daar, en dit gebeur? Het My Meester dit nie beveel nie? KLAAG 3:38 : Uit die Mond van die Hoogste El gaan nie besoedeling sowel as suiwerheid nie? KLAAG 3:39 : Wat klaag 'n adamiet in sy lewe? 'n kryger oor die straf van sy oortredinge? KLAAG 3:40 : [n" Noen.] Laat Ons Weë naspeur en deursoek en Ons tot JaHWeH bekeer; KLAAG 3:41 : laat Ons hart saam met die handpalms ophef tot El in die Hemele [en sê]: KLAAG 3:42 : Ons het oortree en Ons het gerebelleer - U het nie vergewe nie. KLAAG 3:43 : [s' Samek.] U het U in Toorn gehul en Ons agtervolg, U het gedood sonder verskoning. KLAAG 3:44 : U het Uself in die Wolkkolom gehul, sodat daar geen gebed kon deurdring nie; KLAAG 3:45 : U het Ons 'n uitvaagsel en 'n wegwerpsel onder die volke gemaak. KLAAG 3:46 : [P Pé.] Al Ons vyande het hulle mond teen Ons oopgerek; KLAAG 3:47 : skrik en kuil het Ons deel geword, ondergang en verbreking. KLAAG 3:48 : My oog loop af in waterstrome oor die verbreking van die Dogter van My Volk. KLAAG 3:49 : [[e Ajin.] My oog vloei rusteloos weg sonder ophou, KLAAG 3:50 : totdat JaHWeH uit die Hemele neersien en aanskou. KLAAG 3:51 : My oog ontstel My Siel oor al die dogters van My Stad. KLAAG 3:52 : [xo Tzadé.] Hulle het My soos 'n voël rondgejaag, die wat sonder oorsaak My vyande is; [JeHôWganan 15:25] KLAAG 3:53 : hulle het My lewe in 'n kuil tot niet gemaak en klippe op My gegooi. KLAAG 3:54 : Water het oor My hoof gestroom, Ek het gesê: Dit is klaar met My! KLAAG 3:55 : [q Kof.] Ek roep U Naam aan, JaHWeH, uit die onderste kuil. [2Nikodemus ] KLAAG 3:56 : U hoor My stem; verberg U Oor nie vir My ontboeseming, vir My hulpgeroep nie. KLAAG 3:57 : U kom nader die dag as Ek U aanroep, U sê: Wees nie bevrees nie! KLAAG 3:58 : [r' Resj.] U stry, My Meester, U twis [met] My siel, U verlos My lewe. KLAAG 3:59 : U sien, JaHWeH, My verdrukking; verskaf My tog Reg. KLAAG 3:60 : U sien al hulle wraaksug, al hulle planne teen My. KLAAG 3:61 : Sjin.] U hoor hulle smaadrede, JaHWeH, al hulle planne teen My, KLAAG 3:62 : die lippe van My teëstanders en hulle versinsels die hele dag teen My. KLAAG 3:63 : Aanskou tog hulle sit en hulle opstaan, Ek is hulle spotlied. KLAAG 3:64 : [T Taw.] U sal hulle vergeld vir wat hulle gedoen het, JaHWeH. KLAAG 3:65 : U sal hulle gee verblinding van hart, U vervloeking oor hulle. [Lukas 23:34] KLAAG 3:66 : U Toorn sal hulle vervolg en hulle verdelg van onder die Hemele van JaHWeH uit. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |