| 1 2 3 4 5 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Beleëring en verwoesting van Jerusalem. KLAAG 2:1 : [ae Alef.] AG, hoe het my Meester in Sy Toorn die Dogter van Sion met 'n donker wolk oordek! Hy het die Sieraad van JisraEl uit die Hemele op die Aarde neergewerp en nie gedink aan die Voetbank van Sy voete op die dag van Sy Toorn nie. [1 Kronieke 28:2; Openbaring van Henog 8:8; 2 Ezra 6:4 ; Hooglied 11:5] KLAAG 2:2 : [Bi Bet.] My Meester het al die woonplekke van Jakob sonder verskoning verslind; in Sy Grimmigheid het Hy die vestings van die Dogter van JeHûWdah verwoes, op die Aarde gewerp, die koninkryk en haar vorste vermeng. KLAAG 2:3 : [G Ghimel.] Hy het in gloeiende Toorn elke horing van JisraEl afgekap; Hy het Sy Regterhand teruggetrek voor die vyand, en in Jakob het Hy gebrand soos 'n vuurvlam wat rondom verteer. KLAAG 2:4 : [D Dalet.] Hy het Sy boog gespan soos 'n vyand, Hy staan met Sy Regterhand soos 'n teëstander en het gedood alles wat 'n lus was vir die oog in die Tent van die Dogter van Sion; Hy het Sy Grimmigheid uitgegiet soos vuur. KLAAG 2:5 : [h Hé.] My Meester het soos 'n vyand geword, Hy het JisraEl verslind, al haar paleise verslind, haar vestings verwoes en geklaag en geklag by die dogter van JeHûWdah vermenigvuldig. KLAAG 2:6 : [w" Waw.] En Hy het Sy eie omheining soos 'n tuin verniel, Sy eie feesplek verwoes; JaHWeH het in Sion Feestyd en Sabbat laat vergeet, en in Sy grimmige Toorn koning en priester verwerp. KLAAG 2:7 : [zÉ Zajin.] My Meester het Sy altaar verwerp, Sy Apartheidsplek verwerp, die mure van Haar paleise in die hand van die vyand oorgelewer; hulle het gedruis gemaak in die Huis van JaHWeH soos op 'n Feesdag. KLAAG 2:8 : Get.] JaHWeH het Hom voorgeneem om die muur van die Dogter van Sion te verwoes; Hy het die meetsnoer gespan, Sy Hand nie teruggetrek van vernietiging nie; ja, Hy het voorskans en muur laat treur, saam sak hulle inmekaar. KLAAG 2:9 : [f Tet.] Haar Poorte het in die Aarde gesink, Hy het Haar grendels te gronde gerig en verbreek; Haar Koningin en Haar vorste is onder die nasies; daar is geen Wet nie, en Haar profete ontvang geen gesig van JaHWeH nie. KLAAG 2:10 : [yE Jod.] Die oudstes van die Dogter van Sion sit en swyg op die Aarde, hulle het stof op hul hoof gegooi, rouklere aangegord; die maagde van Jerusalem het hulle hoof na die Aarde gebuig. KLAAG 2:11 : [K Kaf.] My oë teer weg in trane, My ingewande is in beroering, My lewer is op die Aarde uitgeskud vanweë die verbreking van die Dogter van My volk, omdat kind en suigling op die pleine van die Stad versmag, KLAAG 2:12 : [l Lamed.] wat aan hulle moeders sê: Waar is koring en wyn? terwyl hulle versmag soos gewondes op die pleine van die Stad, terwyl hulle siel uitgestort word aan die bors van hul moeders. KLAAG 2:13 : [m Mem.] Watter getuienis kan Ek vir Jou aflê, waarmee kan Ek Jou vergelyk, Dogter van Jerusalem? Waarmee sal ek Jou gelykstel, dat ek Jou kan troos, Maagd, Dogter van Sion? Want Jou verbrokenheid is so groot soos die see - wie kan Jou gesond maak? KLAAG 2:14 : [nÒ Noen.] Jou profete het vir Jou leuenagtige en smerige dinge gesien en Jou ongeregtigheid nie geopenbaar om Jou te laat terugkeer uit Jou gevangenskap nie, maar hulle het vir Jou nikswerd struikelblokke gesien wat verleiding bring. KLAAG 2:15 : [? Samek.] Almal wat met die pad verbygaan, slaan die handpalms saam oor Jou; hulle spot en skud hulle hoof oor die Dogter van Jerusalem: Is Sy die Stad waarvan hulle gesê het: Volmaak in skoonheid, Vreugde van die hele Aarde? KLAAG 2:16 : [???Pé.] Al jou vyande rek hulle mond oop oor Jou, hulle spot en kners op die tande, hulle sê: Ons verslind, ja, dit is die dag wat ons verwag het; ons het dit bereik, dit belewe! KLAAG 2:17 : [? Ajin.] JaHWeH het gedoen wat Hy Hom voorgeneem het, Sy Woord volbring wat Hy sedert die dae van die voortyd beveel het; Hy het sonder verskoning afgebreek en die vyand oor Jou bly gemaak, die horing van Jou teëstanders verhoog. KLAAG 2:18 : [? Tzadé.] Hulle hart roep na My Meester. Muur van die Dogter van Sion, laat trane afloop soos 'n vloed, dag en nag; gun Jouself geen verposing nie, laat Jou oogappel nie rus nie. KLAAG 2:19 : [? Kof.] Staan op, skreeu in die nag by die begin van die nagwake, stort Jou hart uit soos water voor die Aangesig van My Meester, hef Jou handpalms op na Hom, ter wille van die siel van Jou kinders wat versmag van honger by die hoek van al die strate. KLAAG 2:20 : [? Resj.] Aanskou, JaHWeH, en merk op aan wie U so gedoen het! Moet vroue dan hulle vrug eet, kindertjies wat op die hande gedra word? Moet dan in die Apartheidsplek van my Meester priester en profeet gedood word? KLAAG 2:21 : [c Sjin.] Op die Aarde lê jonk en oud in die strate; My maagde en My jongmanne het deur die swaard geval; U het [hulle] gedood op die dag van U Toorn, U het geslag sonder verskoning. KLAAG 2:22 : [T Taw.] U het soos op 'n Feesdag My verskrikkinge geroep van rondom, en niemand het op die dag van JaHWeH se Toorn oorgebly of ontkom nie; die wat Ek op die hande gedra en grootgemaak het - My vyand het hulle omgebring. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |