| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHűW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWčshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWčshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Ezra vergader die volk in Jerusalem 1EZRA 9:1 : TOE het Ezra opgestaan in die voorhof van die Tempel en gegaan na die kamer van JeHôWganan, die seun van El-Jashib. [Ezra 10:3] 1EZRA 9:2 : En hy het daar gebly en nie brood geëet of water gedrink nie, en getreur oor die groot ongeregtigheid van die menigte. [Ezra 10:6] 1EZRA 9:3 : En daar is 'n proklamasie uitgevaardig deur die hele JeHűWdah en Jerusalem, aan almal wat uit die ballingskap gekom het, dat hulle in Jerusalem bymekaar moes kom; [Ezra 10:7] 1EZRA 9:4 : en wie ook al nie daar was binne twee of drie dae nie, volgens dit wat die owerste ouderlinge bepaal het, hulle vee sou verban word en hulleself van die bannelinge geskei word. [Ezra 10:8] 1EZRA 9:5 : En in drie dae het almal van die stam van JeHűWdah en Benjamin bymekaar gekom in Jerusalem op die twintigste dag van die negende maand. 1EZRA 9:6 : En die hele menigte het in die voorhof van die Tempel gesit en van koue gebewe as gevolg van die saak en die reën. [Ezra 10:9] Volksvreemde vroue weggestuur 1EZRA 9:7 : TOE het Ezra opgestaan en aan hulle gesę: Julle het die Wet oortree deur verbasterde vroue te trou en daardeur die skuld van JisraEl vermeerder. [Ezra 10:10] 1EZRA 9:8 : En nou, bely dit en verhoog JaHWeH, die Elohey van ons vaders, [Ezra 10:11] 1EZRA 9:9 : en doen Sy Wil en skei julle af van die volke van die Aarde en van die verbasterde vroue. 1EZRA 9:10 : Toe het die hele menigte uitgeroep en met 'n harde stem gesę: Soos u gespreek het, so sal ons doen. [Ezra 10:12] 1EZRA 9:11 : Maar die menigte is groot en dis winter, en ons kan nie onder die blote Hemele bly staan nie, en dit is geen werk vir ons van een of twee dae nie, want ons het hierin baie oortree. [Ezra 10:13] 1EZRA 9:12 : Laat dus die voorgangers van die menigte agterbly en laat almal uit ons streek wat verbasterde vroue het, 1EZRA 9:13 : op die aangewese tyd bymekaar kom, en saam met hulle die heersers en regters van elke gebied totdat ons die brandende Woede van JaHWeH in hierdie saak van ons, afgewend het. [Ezra 10:14] 1EZRA 9:14 : Toe het JôWnathan die seun van AsaEl en JakséJaH die seun van Tikwa die saak volgens daardie bepaling op hulle geneem: en Mesúllam die Leviet en Sábbetai was hulle mede-regters. [2 Ezra 7:40; Ezra 10:15] 1EZRA 9:15 : En hulle wat uit ballingskap kom, het hulle hierin gevolg. 1EZRA 9:16 : En Ezra, die priester, het vir hom die hoofmanne van hulle vadershuise gekies, almal volgens hulle name: op die eerste dag van die tiende maand het hulle vergader om die saak te ondersoek. [Ezra 10:16] 1EZRA 9:17 : En die saak aangaande die manne wat verbasterde vroue aangehou het, is op die eerste dag van die eerste maand tot 'n einde gebring. [Ezra 10:17] 1EZRA 9:18 : Onder die priesters is daar gevind wat verbasterde vroue gehad het. 1EZRA 9:19 : Van die kinders van JeHôWshua, die seun van JôWtsadak en sy broers, MaŕseiJâH en El-Azar en Jarib en GhedalJaH. [Ezra 10:18] 1EZRA 9:20 : En hulle het hul hande uitgesteek om hulle vroue weg te stuur en om ramme nader te bring as versoening vir hulle skuld. [Ezra 10:19] 1EZRA 9:21 : En van die kinders van Immer: Hanáni en ZebádJaH en Manes en Lameos en Hiereël en Azarias. 1EZRA 9:22 : En van die kinders van Fesur; ElJôWeynay, MaŕseiJâH, Mijamin JisMijamin en NethanEl en JôWzabad en El-Asah. 1EZRA 9:23 : En van die Leviete: JôWzabad en Símeď en KeláJaH, wat genoem was Kelíta, en PetagJaH en JeHűWdah en EliEzer. 1EZRA 9:24 : Van die gewyde sangers; El-Jashib en Uri. 1EZRA 9:25 : Van die deurwagters; Sallum en Telem. 1EZRA 9:26 : Van die JisraEliete, uit die kinders van Párhos; Hiermas en JesawJaH en MalkiJah en Mijamin en El-Azar en MalkiJah en BenáJaH. 1EZRA 9:27 : Van die kinders van Elam; MattánJaH, ZekarJaH en JehiEl en Abdi en Jéremot en EliJaH. 1EZRA 9:28 : En van die kinders van Samot; OtAzarJaH, Jarimoi en Labath en Seralias. 1EZRA 9:29 : Van die kinders van Bébai; JeHôWganan en GanánJaH en Sabbai en Atlai. 1EZRA 9:30 : Van die kinders van Bani; Mesúllam, Mallug, AdáJaH, Jasub, Seal en Jéremot. 1EZRA 9:31 : En van die kinders van Addi; Naath en Moosias, Laerum en Naid en Matthanias en Sesthel, Balim en Manasse. 1EZRA 9:32 : En uit die kinders van Anan; Elionas en Asajas en MalkiJah en Sabbeus en Simon Chosameus. 1EZRA 9:33 : En van die kinders van Asom; Altaneus en Matthatias en Sabbaneus, en EliFelett en Manasses en Semer. 1EZRA 9:34 : En van die kinders van Baani; Hieremias, Momdi, Ismaer, Juel, Mabdai en Pedias en Anos, Rabasion en Enasis en Mammitanem, El-Jashib, Bannus, Eliali, Sameis; Selemias, Natanius: En van die kinders van Ezora; Sesis, Esril, AsaEl, Samatus, Zamvre, JôWsef. 1EZRA 9:35 : En van die kinders van Nebo; [JeiEl] MattithJaH, Sabad, [Sebína], Jáddai, JôWEl, BenáJaH. 1EZRA 9:36 : Hulle almal het verbasterde vroue geneem en hulle het hul met hulle kinders weggestuur. 1EZRA 9:37 : En die priesters en Leviete en die ander uit JisraEl, het in Jerusalem en omgewing gaan woon op die eerste dag van die sewende maand; en die kinders van JisraEl was in hulle woongebiede. Ezra verklaar die Wet van Moshč 1EZRA 9:38 : EN die hele menigte het eendragtig saamgekom op die groot ruimte wat voor die gewyde Poort na die ooste was; 1EZRA 9:39 : en hulle het aan Ezra die priester en leermeester gesę dat hy die Wette van Moshč moes bring wat JaHWeH aan JisraEl gegee het. [NegemJaH 8:1-2] 1EZRA 9:40 : En Ezra, die hoëpriester, het die Wet na die hele menigte gebring, aan mans sowel as vroue, en aan al die priesters, om die Wet op die eerste dag van die sewende maand te hoor. [NegemJaH 8:2-3] 1EZRA 9:41 : En hy het in die groot plek voor die Waterpoort van die oggend tot die middag gelees, voor die aangesig van beide manne en vroue; en die hele menigte het na die Wet geluister. [NegemJaH 8:4] 1EZRA 9:42 : En Ezra, die priester en leermeester van die Wet, het op 'n verhewe houtstoel wat vir daardie doel gemaak is, gesit. 1EZRA 9:43 : En daar het by hom gestaan MattithJaH, Sema, AnaJaH, Asarias, UriJaH, GielkiJaH en MaŕseiJâH aan die regterkant; 1EZRA 9:44 : en aan die linkerkant het gestaan PedahJaH, MisahaEl, MalkiJah, Hasum en Hasbaddána, ZekarJaH en Mesúllam. [NegemJaH 8:5] 1EZRA 9:45 : Toe het Ezra die Boekrol van die Wet voor die hele menigte geneem, en hy het eervol in die teenwoordigheid van hulle almal gesit. 1EZRA 9:46 : En toe hy die Wet uitlę, het hulle almal regop gestaan. [NegemJaH 8:6] Toe het Ezra, Majesteit JaHWeH die Hoogste El geloof, die Elohey van die Skeppingsleërmag, die Almagtige. 1EZRA 9:47 : En die hele volk het daarop geantwoord, Amein; en hulle hande opgelig en na die Aarde neergebuig en JaHWeH aanbid. [NegemJaH 8:7] 1EZRA 9:48 : Ook Jehshua, Bani, SerébJaH, Jamin, Akkub, Sábbetai, HodiJaH, MaŕseiJâH en Kelíta, AzarJaH en JôWzabad en Hanan PelaJaH, die Leviete, het hulle in die Wet van Elohim onderrig. [NegemJaH 8:8] 1EZRA 9:49 : En hulle het die Wet van Elohim voor die menigte gelees sodat almal haar kon verstaan. [NegemJaH 8:9] 1EZRA 9:50 : Toe het NegemJaH met Ezra, die hoëpriester en voorleser, gepraat en met die Leviete wat die menigte onderrig het en gesę: 1EZRA 9:51 : Hierdie dag is apartgestel aan JaHWeH julle Elohey; en hulle het almal geween toe hulle die Wet hoor: [NegemJaH 8:10] 1EZRA 9:52 : Gaan dan heen en eet en drink soet dranke en stuur 'n deel daarvan as geskenke aan hulle wat niks het nie; [NegemJaH 8:11] 1EZRA 9:53 : want hierdie dag is apartgestel vir JaHWeH: en wees nie bedroef nie, want JaHWeH sal julle verhoog. [NegemJaH 8:12] Die volk verheug hulle 1EZRA 9:54 : TOE het die Leviete die hele volk beveel en gesę: Hierdie dag is apartgestel vir JaHWeH, wees nie bedroef nie. 1EZRA 9:55 : Toe het almal op hulle weg gegaan, elkeen om te gaan eet en drink en vrolik te wees en om geskenke te gee aan hulle wat niks het nie, en om hulle grootliks op te vrolik, 1EZRA 9:56 : want hulle het die woorde verstaan waarin hulle onderrig is en waarvoor hulle bymekaargekom het. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |