| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Kores deur Elohim gewek om die Tempel te herbou 1EZRA 2:1 : En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië - sodat die Woord van JaHWeH volbring sou word wat Hy deur die mond van JirmeJaHûW gespreek het, 1EZRA 2:2 : het Elohim die gees van Kores, die koning van Persië opgewek, en hy het 'n proklamasie uitgevaardig dwarsdeur sy hele koninkryk, asook deur 'n skrywe, [2 Kronieke 36:22] 1EZRA 2:3 : en hy het gesê: So sê Kores, die koning van Persië; JaHWeH, die Elohey van JisraEl, die Hoogste El, het my koning oor al die koninkryke van die Aarde gemaak, 1EZRA 2:4 : en my beveel om vir Hom 'n Huis te bou in Jerusalem wat in JeHûWdah is. [2 Kronieke 36:23] Kores verskaf die middele. 1EZRA 2:5 : AS daar dus enige van julle is wat van Sy volk is, laat JaHWeH sy Elohey met hom wees, en laat hom opgaan na Jerusalem wat in JeHûWdah is, en die Huis van JaHWeH sy Elohey van JisraEl herbou, Hy is JaHWeH wat in Jerusalem woon. [2 Kronieke 36:23] 1EZRA 2:6 : Wie ook al dan in verskillende plekke woon, laat hulle wat in sy eie plek is mekaar help, met goud en met silwer, 1EZRA 2:7 : met geskenke, met perde en ook met vee en ander dinge wat met geloftes toegebring is in die Huis van JaHWeH wat in Jerusalem is. 1EZRA 2:8 : Toe het die vernaamstes uit die stamme van JeHûWdah en Benjamin opgestaan; ook die priesters en die Leviete, en almal wie se gees deur JaHWeH beweeg is om te gaan om 'n Huis vir JaHWeH in Jerusalem te bou. 1EZRA 2:9 : En die wat rondom hulle woonagtig was, het hulle in allerlei dinge gehelp, met silwer en goud, met perde en vee, en met baie geskenke, groot in getal, wie se gees daartoe beweeg is. 1EZRA 2:10 : Koning Kores het ook die gewyde bakke van Elohim te voorskyn gebring wat Nebukadnésar uit Jerusalem weggevoer en in sy gode se tempel opgestel het. Kores gee die bakke terug 1EZRA 2:11 : EN toe Kores, die koning van Persië hulle te voorskyn gebring het, het hy hulle gegee aan Mitridates, sy skatmeester; 1EZRA 2:12 : en deur hom is hulle oorgegee aan Sanabassar, die goewerneur van JeHûWdah. 1EZRA 2:13 : En die getal daarvan was: eenduisend goue bekers, en 'n duisend silwer bekers, nege-en-twintig silwer wierookbakke, dertig goue flesse, en tweeduisend-vierhonderd-en-tien silwer, en 'n duisend ander houers. 1EZRA 2:14 : Al die houers van goud en silwer wat weggedra is, was vyf-duisend-vierhonderd-nege-en-sestig. 1EZRA 2:15 : Dit is saam met hulle van die ballingskap af teruggebring deur Sanabassar uit Babel na Jerusalem. 1EZRA 2:16 : Maar in die tyd van Artasásta, die koning van die Persië, het Belemus en Mitridates, en Tabellius, en Rathymus, en Baltemus, en Samellius, die sekretaris, wat saam met hulle opdrag gegee is, en in Samaria en ander plekke gewoon het, die volgende briewe aan hom geskryf teen hulle wat in JeHûWdah en Jerusalem gewoon het: 1EZRA 2:17 : Aan koning Artasásta ons meester, u diensknegte, Rathymus die storieskrywer, en Samellius die skrywer, en die res van hulle raadsvergadering, en die regters wat in Celo-Aram en Fenícië is. 1EZRA 2:18 : Laat dit aan ons meester die koning bekend wees dat die manne van JeHûWdah van u af na ons in Jerusalem gekom het om weer die besoedelde en opstandige Stad te kom herbou, om die markpleine en die mure van haar te herstel, en die fondament van die Tempel te lê. 1EZRA 2:19 : As hierdie Stad dan nou herbou word en die mure van haar weer opgerig is, sal hulle nie alleen weier om belasting te betaal nie, maar hulle sal ook teen die koning rebelleer. 1EZRA 2:20 : En terwyl hulle dan nou met die werk aan die Tempel besig is, het ons dit goed gedink om nie te versuim nie, 1EZRA 2:21 : maar dat ons ons meester en koning moet laat weet, dat as dit u sou behaag, daar [hieroor] gesoek moet word in die boekrolle van u vaders; 1EZRA 2:22 : en u sal in die kronieke waaroor daar oor hierdie dinge geskrywe is, vind en verstaan dat die Stad afvallig was en aan beide konings en stede moeite besorg het; 1EZRA 2:23 : en dat die manne van JeHûWdah in haar opstandig was en altyd oorloë veroorsaak het; as gevolg waarvan hierdie Stad dan ook verwoes is. 1EZRA 2:24 : Daarom verklaar ons nou aan u, o meester die koning, dat as hierdie Stad herbou word, en die mure van haar nuut opgerig word, sal u van nou af aan geen toegang hê tot Celo-Aram en Fenícië nie. Artasásta verhinder die opbou 1EZRA 2:25 : TOE het die koning weer die volgende teruggeskryf aan Rathymus die storieskrywer, aan Balthemus, aan Semellius die skrywer, en aan die res wat in die afvaardiging was, en die inwoners van Samaria en Aram en Fenícië: 1EZRA 2:26 : Ek het die brief gelees wat julle aan my gestuur het, daarom het ek beveel dat daar ondersoek ingestel moes word, en dit is bevind dat daardie Stad van ouds af teen die konings gekant was 1EZRA 2:27 : en dat die manne in haar geneig was tot rebellie en oorlog: dat magtige en gewelddadige konings in Jerusalem regeer het, en belasting afgedwing het in Celo-Aram en Fenícië. 1EZRA 2:28 : Daarom het ek bevel gegee dat daardie manne verhinder moet word om die Stad te herbou, en dat daarop ag gegee moet word dat niks gedoen moet word wat teenstrydig is met hierdie bevel nie; 1EZRA 2:29 : en dat daardie besoedelde werke nie verder mag voortgaan tot die ergernis van konings nie. 1EZRA 2:30 : En nadat Artasásta se briewe gelees is, het Rathymus en Semellius, die skrywer, en die res wat saam met hulle in die afvaardiging was, haastig weggegaan na Jerusalem met 'n troep perderuiters en 'n menigte voetvolk in oorlogsgewaad, 1EZRA 2:31 : en hulle het begin om die bouers te verhinder. So het die bou van die Tempel in Jerusalem dan tot stilstand gekom tot in die tweede jaar van die regering van Darius, die koning van Persië. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |