1   2
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Belofte omtrent die Glansrykheid van die herboude Tempel.

HAG 2:1 : OP die een-en-twintigste dag van die sewende [maand] het die Woord van JaHWeH deur die diens van die profeet Haggai gekom en gesê:

HAG 2:2 : Spreek tog met Serubbábel, die seun van ShealtiEl, die goewerneur van JeHûWdah, en met JeHôWshua, die seun van JeHôWtsadok, die hoëpriester, en met die oorblyfsel van die volk en sê:

HAG 2:3 : Wie is onder julle nog oor wat hierdie Huis in sy vroeëre Glansrykheid gesien het? En hoedanig sien julle hom nou? Lyk hy nie net soos niks in julle oë nie?

HAG 2:4 : Nou dan, skep moed, Serubbábel, spreek JaHWeH, en skep moed, JeHôWshua, hoëpriester, seun van JeHôWtsadok, en skep moed, julle almal, volk van die Aarde, spreek JaHWeH, en werk! Want Ek is met julle, spreek JaHWeH van die skeppings-leërmag,

HAG 2:5 : met betrekking tot die Verbond wat Ek met julle gesluit het by julle uittog uit die Aarde van Egipte, en My Gees sal in julle midde bestendig bly; wees nie bevrees nie!

HAG 2:6 : Want so sê JaHWeH van die skeppings-leërmag: 'n Rukkie nog, 'n kort tydjie, dan sal Ek die Hemele en die Aarde en die see en die droë grond laat bewe.

HAG 2:7 : EK sal ook al die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasies sal toevloei; en Ek sal hierdie Huis met Glansrykheid vul, sê JaHWeH van die skeppings-leërmag.

HAG 2:8 : Aan My behoort die silwer en aan My die goud, spreek JaHWeH van die skeppings-leërmag.

HAG 2:9 : Die toekomstige Glansrykheid van hierdie Huis sal groter wees as die vroeëre, sê JaHWeH van die skeppings-leërmag; en op hierdie plek sal Ek Vrede gee, spreek JaHWeH van die skeppings-leërmag.

HAG 2:10 : Op die vier-en-twintigste van die negende [maand] in die tweede jaar van Daríus, het die Woord van JaHWeH gekom deur die diens van die profeet Haggai en gesê:

HAG 2:11 : So sê JaHWeH van die skeppings-leërmag: Vra tog aan die priesters inligting uit die Wet en sê:

HAG 2:12 : As iemand vleis van Apartheid in die slip van sy kleed dra, en hy sou met sy slip aan brood raak of iets wat gekook is, of wyn of olie of watter spys ook al, sal dit gewy word? En die priesters het geantwoord en gesê: Nee.

HAG 2:13 : Daarop sê Haggai: As iemand wie se siel besoedel is, aan al hierdie dinge sou raak, sal dit besoedel wees? En die priesters het geantwoord en gesê: Dit sal besoedel wees.

HAG 2:14 : Toe antwoord Haggai en sê: Só is in My Oë hierdie volk en só hierdie nasie, spreek JaHWeH, en so is al die werk van hulle hande en wat hulle daar nader bring, is besoedel.

HAG 2:15 : Merk dan nou tog op, van hierdie dag af aan! Voordat hulle steen op steen gelê het in die Huis van JaHWeH, [1 Petrus 2:5]

HAG 2:16 : in dié tyd het iemand gekom by 'n koringmied van twintig [maat], en daar was maar tien; hy het gekom by die parskuip om vyftig emmers te skep, en daar was maar twintig.

HAG 2:17 : Ek het julle swaar getref met brandkoring en heuningdou en hael - al die werk van julle hande - nogtans het niemand van julle hom tot My gewend nie, spreek JaHWeH.

HAG 2:18 : Merk tog op, van hierdie dag af aan, van die vier-en-twintigste dag van die negende [maand], naamlik van die dag af toe hulle die fondament van die Huis van JaHWeH gelê het; merk op:

HAG 2:19 : Is daar nog saad in die skuur? Ja, selfs die Wingerdstok en die Vyeboom en die granaatboom en die Olyfboom het niks opgelewer nie. Van hierdie dag af sal Ek seën.

HAG 2:20 : Vir die tweede maal het die Woord van JaHWeH tot Haggai gekom op die vier-en-twintigste van die [maand] en gesê:

HAG 2:21 : Spreek met Serubbábel, die goewerneur van JeHûWdah, en sê: Ek sal die Hemele en die Aarde laat bewe.

HAG 2:22 : En Ek sal die koningstrone omverwerp en die mag van die nasies se koninkryke verdelg; en Ek sal die strydwaens en die wat daarop ry, omverwerp, en die perde en hulle ruiters sal val, 'n man deur die swaard van sy broer.

HAG 2:23 : In dié dag, spreek JaHWeH van die skeppings-leërmag, sal Ek jou neem, Serubbábel, seun van ShealtiEl, My kneg, spreek JaHWeH, en jou maak tot 'n seëlring, want jou het Ek verkies, spreek JaHWeH van die skeppings-leërmag. [Hooglied van Salomo 8:6]

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
2
Pablo Software Solutions Datum
OT