1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Die tekens van die tye

2EZRA 5:1 : WAT die tekens betref, kyk, die dae sal kom dat hulle wat op die Aarde woon vasgevang sal wees deur groot rykdom en die Weg van die Waarheid verborge sal wees en die Aarde sal sonder geloof wees.

2EZRA 5:2 : Die ongeregtigheid sal vermeerder bo haar wat jy nou sien, en bo haar wat jy lank gelede gehoor het. [MattithJaHûW 24:12]

2EZRA 5:3 : En dan sal die Aarde waarna jy nou kyk en wat tans die wêreld regeer, 'n verlate woestyn word voor die mense se oë.

2EZRA 5:4 : Maar as die Hoogste El gee dat jy lewe, sal jy universele wanorde sien; - die son sal skielik in die nag skyn en die maan in die dag.

2EZRA 5:5 : En bloed sal uit die hout drup en die klippe sal uitroep en die mense sal benoud wees en die weg van die Sterre sal verander.

2EZRA 5:6 : En 'n onwelkome koning sal heers op die Aarde, en die voëls sal wegtrek;

2EZRA 5:7 : En die see van Sodom [Dooie see] sal sy vis uitgooi en 'n geluid in die nag maak, wat baie nie sal ken nie; maar hulle sal almal die geluid daarvan hoor. [Openbaring 9:3]

2EZRA 5:8 : Die Aarde sal oopgaan op baie plekke en onophoudelike vuur sal uitspuit. Die wilde wesens sal hul prooi gaan soek sodat maandstondige vroue wandrogtige monsters sal baar.

2EZRA 5:9 : En varswaterfonteine sal in bitter als verander, en orals sal vriende oorlog maak en mekaar vernietig; dan sal Kennis verborge wees en Insig sal Haar in Haar binnekamer verberg, [Openbaring 8:11]

2EZRA 5:10 : en Sy sal deur baie gesoek word, maar nie gevind word nie; dan sal besoedeling en onkuisheid vermenigvuldig word op die Aarde.

2EZRA 5:11 : Een sal ook 'n ander vra en sê: Het regverdigheid of 'n man wat regverdig is, deur jou gegaan? En hulle sal antwoord: Nee.

2EZRA 5:12 : Op dieselfde tyd sal die adamiete hoop, maar niks verkry nie; hulle sal werk, maar hulle weë sal nie voorspoedig wees nie.

2EZRA 5:13 : Ek het toestemming om hierdie tekens aan jou te toon; en as jy weer sal bid, en ween soos nou, en vir sewe dae lank vas, dan sal jy selfs groter dinge hoor.

2EZRA 5:14 : Toe het ek wakker geword en 'n uiterste angs het deur my hele liggaam gegaan en my verstand was gekwel sodat ek flou geword het. [DaniEl 8:27]

2EZRA 5:15 : Toe het 'n Boodskapper met my kom praat, my vasgehou en my getroos en my opgehelp op my voete.

2EZRA 5:16 : En in die tweede nag het dit gebeur dat SalatiEl, die hoofman van die volk, na my gekom en gesê het:

2EZRA 5:17 : Waar was jy gewees? En waarom is jou aangesig so bedroef? Weet jy nie dat JisraEl aan jou toevertrou is in hulle Aarde van gevangeskap nie?

2EZRA 5:18 : Staan dan op, en eet brood en verlaat ons nie soos die herder wat sy kudde laat in die hande van die wrede wolwe nie.

2EZRA 5:19 : Toe het ek aan hom gesê: Gaan weg van my en kom nie naby my nie. En hy het geluister wat ek sê en van my af weggegaan.

2EZRA 5:20 : Toe het ek sewe dae lank gevas, en geween en getreur, soos die Boodskapper, UriEl, my beveel het.

2EZRA 5:21 : En dit gebeur dat na sewe dae die gedagtes van my hart my weer baie gekwel het.

2EZRA 5:22 : En my siel het weer besit geneem van my verstand en ek het weer met die Hoogste El begin praat.

Ezra vra waarom Elohim net een volk uitverkies het

2EZRA 5:23 : EN ek het gesê: O Almagtige JaHWeH wat regeer, uit elke woud op die Aarde en uit die bome van haar het U vir Uself net een Wingerdstok gekies.

2EZRA 5:24 : En uit al die Aarde van die hele wêreld het U vir U een Adamah gekies; en van al die blomme van die Aarde een Lelie; [Hooglied 2:2]

2EZRA 5:25 : En van al die dieptes van die see het U vir Uself een rivier gevul; en uit al die beboude stede het U Sion vir Uself apart gestel.

2EZRA 5:26 : En uit al die voëls wat geskep is, het U vir Uself een Duif geneem; en uit al die vee wat gemaak is, het U vir U een Lam voorsien.

2EZRA 5:27 : En tussen al die menigtes van volke het U vir U een volk verkry; en aan hierdie volk wat U liefhet, het U 'n Wet gegee wat bo alle ander goedgekeur word.

2EZRA 5:28 : En nou, o my Meester, waarom het U hierdie een volk oorgegee aan die menigtes? En op die een wortel het U baie ander voorberei, en waarom het U U enigste volk tussen baie verstrooi?

2EZRA 5:29 : En hulle wat U beloftes verwerp het, vertrap die volk wat in U Verbonde geglo het.

2EZRA 5:30 : As U U volk so erg haat, dan moet U hulle eiehandig tugtig.

Die Boodskapper van JaHWeH dra 'n direkte boodskap oor aan Ezra.

2EZRA 5:31 : EN dit het gebeur dat toe ek hierdie woorde spreek, die Boodskapper wat die vorige nag na my gekom het, na my gestuur is.

2EZRA 5:32 : En Hy het aan my gesê: Luister na My en Ek sal jou onderrig; luister na My, en Ek sal meer aan jou verduidelik.

2EZRA 5:33 : En ek het gesê: Spreek, my Meester. En Hy het aan my gesê: Jy is baie bekommerd oor JisraEl; het jy daardie volk liewer as HY wat hulle gemaak het?

2EZRA 5:34 : En ek het gesê: Nee, my Meester, maar ek het uit groot droefheid gespreek, want my niere bring my elke uur pyn, terwyl ek soek om die Weë van die Almagtige te verstaan en om 'n deel van Sy oordeel te deurgrond.

2EZRA 5:35 : En Hy het aan my gesê: Jy kan nie. En ek het gesê: Waarom, my Meester? Waarvoor was ek dan gebore, of hoekom was die skoot van my moeder nie vir my 'n graf nie, sodat ek nie die barensweë van Jakob sou sien nie en die moeisame werk van die afstammelinge van JisraEl?

2EZRA 5:36 : En Hy het aan my gesê: Tel vir My die dinge wat nog nie gekom het nie, versamel vir My die druppels wat oral verstrooi is, maak die blomme wat verwelk het, weer groen.

2EZRA 5:37 : Maak die binnekamers oop wat gesluit is, en bring vir My voort die winde wat in hulle opgesluit is, toon My die beeld van 'n stem en dan sal Ek aan jou dit toon wat jy My vra om te sien.

2EZRA 5:38 : En ek het gesê: O, Almagtige JaHWeH, wie kan hierdie dinge weet, behalwe Hy wat nie Sy woonplek tussen mense het nie?

2EZRA 5:39 : Ek is onwys; hoe kan ek dus spreek van hierdie dinge waaroor U my vra? [Psalm 73:22]

2EZRA 5:40 : Toe het Hy aan my gesê: Soos wat jy niks kan doen van hierdie dinge waaroor Ek gespreek het nie, net so min sal jy ook My oordeel verstaan, of die ware liefde wat Ek aan My volk toegesê het nie.

2EZRA 5:41 : En ek het gesê: O my Meester, tog is U naby hulle wat bewaar sal word tot die einde toe; en wat sal hulle doen wat voor my was, of ons wat nou is, of hulle wat na ons sal kom?

2EZRA 5:42 : En Hy het aan my gesê: Ek sal My oordeel vergelyk met 'n sirkel; soos wat die laaste een nie te laat sal wees nie, so sal die eerste ook nie te vroeg wees nie.

2EZRA 5:43 : Toe het ek geantwoord en gesê: Kan U hulle wat was, en nou is, en hulle wat nog moet kom, nie op een slag geskape het nie, sodat U U oordeel gouer kon voltrek nie?

2EZRA 5:44 : Toe het Hy geantwoord en gesê: Die skepsel mag nie haastiger as die Maker wees nie; ook kan die wêreld nie op een slag die wat daarop geskape sou word, onderhou nie.

2EZRA 5:45 : En ek het gesê: Soos wat U aan U dienaar gesê het, dat U die skepsels wat U geskape het opeens lewe gee en die skepsels gedra het, so ook kan dit hulle wat nou teenswoordig is, gelyktydig dra.

2EZRA 5:46 : En Hy het aan my gesê: Gaan heen en vra die moederskoot van 'n vrou en sê aan haar: As jy tien kinders baar, hoekom baar jy nie almal tegelyk nie, maar op verskillende tye? Vra haar dan om tien kinders gelyktydig te baar.

2EZRA 5:47 : En ek het gesê: Dit kan tog nie, sy moet dit oor 'n tydperk doen.

2EZRA 5:48 : Toe sê Hy aan my: Net so het Ek ook die Moederskoot van die Aarde gegee aan hulle wat in haar gesaai sal word op verskillende tye. [JeshaJaH 66:1]

2EZRA 5:49 : Want soos wat 'n jong kind nie kan baar nie, en ook 'n vrou wat verby haar tyd is, net so het Ek vir die Aarde wat Ek formeer het, beskik.

2EZRA 5:50 : En ek het gevra en gesê: Terwyl U my nou die Weg getoon het, sal ek voortgaan om voor U Aangesig te spreek. Ons Moeder, van wie U my vertel het, is sy jonk, of nader sy nou die jare van hoë ouderdom?

2EZRA 5:51 : Toe antwoord hy my en sê: Vra 'n vrou wat kinders baar en sy sal jou kan vertel.

2EZRA 5:52 : Vra haar ook: Hoekom is die kinders wat jy nou voortgebring het nie soos die van vroeër nie, maar kleiner van gestalte?

2EZRA 5:53 : En sy sal jou antwoord: Hulle wat gebore word in die krag van die jeug is verskillend van hulle wat gebore word in die tyd van die ouderdom wanneer die baarmoeder nie meer sterk is nie.

2EZRA 5:54 : Daarom sal jy ook sien dat jy kleiner van postuur is as hulle wat voor jou gebore is.

2EZRA 5:55 : En so sal hulle wat na jou kom, kleiner as jy wees, net soos die skepping wat nou begin oud word reeds die krag van die jeug agtergelaat het.

2EZRA 5:56 : Toe het ek gesê: O my Meester, ek smeek U, as ek Guns in U oë gevind het, toon aan U dienskneg deur wie U U skepping besoek.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
5
Pablo Software Solutions Datum
OT